there is a profound silence that only the desert night can provide.
far from the hum of the city, under the vast, clear skies of the Northern Cape, the universe reveals its true scale.
admiring the heavens at night is a collection born from those hours spent in the dark, waiting for the light of distant suns to leave their mark.
these images are more than just stars; they are a reminder of the timeless rhythm of the cosmos and the peace found in looking upward
"Sutherland's Cosmic Embrace: A Night at Blesfontein"
"Mata Mata Milky"
"100 to 400 Billion stars and planets."
"by the light of the fire"
"3rd Bridge Trials"
"Highlands Retreat Milky"
''Kruger Moon - Waxing Gibbous''
"Moon and Milk"
"Mata Mata Trials"
"Kubu Weather at Night"
"Looking South"
"Eco Karoo Lodge"
tussen reuse en rooi duine
by Dassiesfontein, daar net voor Caledon en anderkant Botrivier, staan hierdie reuse tafel en stoele asof hulle wag vir ’n geselskap wat nog moet opdaag.
ek weet nie wie hier eet of wat op die spyskaart is nie, maar ek glo nie dis die donkies se kombuis nie—hulle loop maar kop-onderstebo verby, gewoond aan die eienaardighede van die pad.
dis ’n mooi wêreld hier, veral as die canola-lande geel in die blom staan en die vroeë reën die lug skoon gewas het.
ons het gou kom hallo sê vir ma Jurene, maar ons harte is eintlik reeds verder noord, daar waar die stofpaaie lank word.
ons beplan ’n Kgalagadi-trip later die jaar met ’n baie kosbare doel: om pa Daan [die gentle giant] se as te gaan strooi. dit was hy en ma Jurene wat my destyds voorgestel het aan die towerkrag van die Groen Kalahari.
daardie eerste ontmoeting in 2001 met die Noord-Kaap het iets in my siel wakker gemaak wat nooit weer sou gaan slaap nie.
van die magtige gedreun van Augrabies se water tot die diep stilte van die Kgalagadi se duine—dis waar my hart sy tuiste gevind het.
om pa Daan daar te gaan "los", voel net reg. in die Kalahari is die lewe gestroop tot sy essensie.
daar, tussen die kameeldoringbome en die spoor van ’n leeu in die sand, sal sy gees vry wees.
die rooi sand sal hom toevou, en die Kalahari-wind sal sy stories oor die vlaktes dra.
dit is nie ’n afskeid nie, maar eerder ’n terugkeer na die plek wat ons geleer het om lief te hê.
Thank you, dankie