die koue by myl 108
die koue by Myl 108 het ’n manier om jou dinge te laat sien wat nie daar is nie — of dalk dinge te sien wat ander miskyk.
terwyl David, Petro en Lydia by die vuur gebondel het, het ek ’n ent weg van die kampstoele gaan staan. die lig van ons kole was net ’n klein rooi spikkeltjie in die grys eensaamheid van die Weskus.
en toe sien ek hom......
eers was dit net ’n beweging in die hoek van my oog, ’n skaduwee wat net ’n tikkie donkerder as die nag was. die Strandjut. Die "spook van die woestyn" het met sy kenmerkende skuins drafstap langs die branderlyn beweeg. Hy stop nie, hy vra nie vrae nie; hy soek net.
daar is iets aan hierdie dier wat my hartsnare roer. hy is die ultimate loner. hy drink nie uit die brak poele nie, maar kry sy lewe uit dit wat die see uitspoeg —’n karkas op die strand, ’n verlore skat van die gety. hy vra nie vir simpatie in hierdie harde wêreld nie. sy hele bestaan is vasgevang in daardie twee woorde: "Keep Searching."
ek het daar in die ysige koue gestaan en besef dat ons eintlik dieselfde is. ons staan by Myl 108 met ons lyne in die water, nie net vir die vis nie, maar omdat ons ook soekers is. ons soek na stilte, na vriendskap, en na daardie oomblik van eenvoud wat die res van die wêreld vergeet het.
toe ek terugstap vuur toe, het die koue nie meer so hard gebyt nie. ek het geweet die spook loop iewers daar buite in die donker voort, getrou aan sy beleid. en ek? ek sou môreoggend weer my lyn gooi om te soek........
Petro het haar baadjie stywer om haar getrek terwyl sy die koffieketel dophou.
David was weer besig met die penne van die GT Camper, by die kus vertrou jy nooit die wind of die diepte van die tentpenne nie.
Lydia het gelag toe sy sien hoe ek sukkel om met my gevriesde vingers die aand se kos voor te berei. "die visse gaan jou tog net jammer kry môre," het sy gesê terwyl sy vir ons elkeen 'n kondensmelk koffie aangee.......die Squadron Dark Rum (of soos ons hom roep "die SKUIMKOPPIE") sal ons later nadertrek om sy werk te begin doen.
daardie aand het ons diep in ons stoele weggesak, met die kole wat rooi gegloei het teen die donkerte van die Namib woestyn. terwyl die branders in die agtergrond gedonner het, en die Strandwolf ook verder gesoek het, het die geselsies oor niks en alles gegaan.
David het vertel van vorige jare se vangste en groottes wat weggekom het, en ons het beurte gemaak om te raai wat môre aan die ander kant van die lyn sou wees.
"watter rigting ry ons môre" is die vraag , Noord in die rigting van St Nowhere en die Skeleton Coast Nasionale Park, of gaan ons Suid. die plekke hier se name is net so mooi soos die hoeveelheid en grootte van die vis wat hulle oplewer. Bakleigat, Sarah se Gat, Adrie se Gat, Jakkalsputz , Bennie se Rooi lorrie en Die Drom om maar n paar te noem.
ten spyte van die koue wat aan ons neuse en hande geknyp het, was daar 'n warmte wat net goeie vriende en 'n kampvuur kan bring.
ons was dalk alleen daar tussen die Atlantiese oseaan en die Namib woestyn, maar met David, Petro en Lydia saam met my,
het myl 108 soos HUIS gevoel.