hulle sê toeval is net God se manier om anoniem te bly. ​
as ek terugkyk na die pad wat ons tot hier geloop het, sien ek nie net gebeure nie; ek sien hoe fyn kristalle van "toeval" eintlik 'n groter prentjie vorm’ ​..............alles is connected!!
​in die Bybelse tyd was sout nie sommer net ​sout nie; dit was ’n simbool van iets wat hou. ​in Numeri lees ons van die "soutverbond"......’n belofte wat nie verbreek kan word nie. ​sout keer bederf ; dit bewaar dit wat kosbaar is. ​net soos Elisa sout gebruik het om bitter water gesond te maak, het sout deur die eeue heen genesing en wysheid gesimboliseer.
​maar daar is ook die waarskuwing: sout wat laf word, verloor sy doel. ​en Lot se vrou? ​sy is die ewige herinnering dat ’n mens nie moet vasklou aan dit wat agtergelaat is nie, maar vorentoe moet kyk na die nuwe land.
​in 2022, tussen die rowwe ​klippe en skoonheid van Augrabies, het ons ons eie hoofstuk by hierdie storie gevoeg. ​op Steven se voorstel het ons ’n "Sout-gelofte" gedoen.
Lydia het ’n pot growwe wit ​sout vasgehou, en ek ’n pot rooi wynsout (hoe dan anders!). ​terwyl die korrels uit die twee potte in een saamgevloei het, het ons geweet: net soos wat hierdie korrels nooit weer van mekaar geskei kan word nie, is ons beloftes aan mekaar ​ook vasgebind. ​vandag hang daardie drie potte in ons ​huis in Pretoria—’n herinnering aan die dag toe twee ​paaie een geword het.
​dit is ​amazing hoe sout ons bly volg. ​van die groot sout​vlaktes aan Namibië se kus tot die stil soutpanne wat ons in die Noord-Kaap naby Kgalagadi ontdek het. ​selfs ons konneksie met vriende en familie word deur sout "gegeur"—ons WhatsApp-groepe wat begin met die letters van vanne, gevolg deur ons eie ​, hou die mense wat vêr is, naby...............................​ hierdie is ons "sout-van-die-aarde-mense". 
ja "VerDev, UysDev, MarDev, VanDe​v​, LewDe​v, ,DevDe​v, BeukDev, BosDev,  .....nou weet julle ook​ waar dit vandaan kom!
​en nou? ​
​ons maak ​planne vir ’n nuwe hoofstuk​ iewers aan die weskus, daar naby Laaiplek. ’n ​plek waar sout in die lug hang, op die panne lê en natuurlik die siel van die bekende bokkoms in Bokkomlaan vorm.
​is dit net toevallig dat sout telkens op ons pad verskyn? ​van die Bybelse simboliek tot die fisiese sout van die Weskus?
​miskien nie.​..... ​miskien is dit presies hoe dit moet wees: ’n lewe wat gegeur is met stories en ervaringe, bewaar word deur ’n verbond, en hopelik altyd sal smaakvol bly.
​en wat hou die toekoms in? .....ons weet nie...... maar ek weet (of wonder) of daar nog hoofstukke sal wees waar sout n rol  verder sal speel in ons lewens??
net die tyd sal leer!!!

You may also like

Back to Top