- Kruger waxing gibbous -
Chasing the moon. ........There is something incredibly humbling about seeing the sheer texture and scale of our nearest celestial neighbor hanging in the void.
vroegoggend net buite /Ai-/Ais in die suide van Namibië.
die oggendlug was ysig en skerp—soos net die woestyn jou kan verras voor die son behoorlik wakker word.
maar toe die lig die aarde tref, het die stilte ’n stem gekry.
die kontras tussen die koper sand, die ruwe bergrante en daardie veerligte wolkstroke oor die hemelruim voel byna onwerklik.
kleure en patrone soos net Hý dit kan meng en aanwend op die doek van Sy skepping.
soms moet ’n mens net stilhou op die grondpad,
diep asemhaal .....en verwonderd staan.
"koue mis en kanonne"
aan die weskus van Afrika vreet die wind sonder ophou aan alles. die mis rol dik en spookagtig vanaf die Atlantiese Oseaan in,
’n klam koue wat jou vinnig tot in die murg binnedring terwyl die son dae lank sukkel om sy kop deur die grys mis doek te steek.
die skerp reuk van sout en uitgespoelde bamboes hang permanent in die lug, terwyl die aanhoudende gedreun van swaar branders soos veldslag-kanonne teen die verlate kuslyn slaan.
hier is geen plek vir verskonings nie.
jy beweeg op die heel buitenste rand van oorlewing, en die natuur laat jou dit nie vir ’n enkele oomblik vergeet nie.
die naam sê alles:
Skedelkus.
dit is ’n reuse oop begraafplaas onder die grys hemel. verweerde walvisbene lê halfbegrawe langs die verroeste ribbes van skepe wat eeue gelede deur onsigbare sandbanke gekelder is – die stil getuienis van gestrande seevaarders wat nooit weer hul pad terug gevind het nie.
en tog klou die lewe hardnekkig vas. ons hou die waas op die horison stip dop vir die vae buitelyn van die strandjut:
daardie sku, trotse alleenloper wat die woestynsand en skuimende branders sy tuiste noem.
geruisloos draf hy teen die hoogwatermerk , geduldig op soek na dít wat die gety vir hom agtergelaat het.
dit is ’n harde wêreld, sonder vergifnis.
’n plek wat jou terselfdertyd stroop én betower....